Watertier (astrologie)

壬寅

Die Watertier (壬寅, rényín) is die 39ste jaar van die Chinese kalender (sien die tabel regs onder van die 60-jaarsiklus). Dit is ’n begrip uit die Chinese astrologie en dui op dié maanjare wat gekenmerk word deur ’n verbinding van die negende Hemelstam (壬, rén; die element Water en Jang) met die derde Aardtak (寅, yín), gesimboliseer deur die Tier (虎, ).

Volgens die Chinese kalender kom so ’n verbinding elke 60 jaar voor. Die laaste Watertierjaar het in 1962 begin en volgens die Gregoriaanse kalender het dit geduur van 5 Februarie 1962 tot 24 Januarie 1963.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search